Annique Theron

Annique Theron

Curriculum Vitae van Annique Theron

Sy is gebore en het groot geword in die distrik Potgietersrus.

Sy het in 1946 gematrikuleer , waarna sy Pretoria toe is vir ‘n sekretariële kursus.

In 1950 trou sy met Meiring Theron. Sy is op 20 September 1990 oorlede.

Op 30 jarige ouderdom is Mev. Theron universiteit toe en verwerf die graad B.A (HOD).

In 1986 het sy die teen-allergiese eienskappe van ons eie inheemse krui- Rooibos ontdek. Teen 1970 het sy genoeg inligting gehad om ‘n boek daaroor te skryf met die titel, ”Babas, Allergieë en Rooibos”.

In 1970 het sy haar eerste produk geloods, nl. Die puik verslankingsproduk Wonder Slim.

Gedurende 1976 het sy haar merkwaardige verjongingsroom begin bemark, sowel as die Wonder-E olie en gesigmasker.

In 1989 is een van die mees gesogte pryse aan haar toegeken nl. Entrepreneur Sakevrou van die jaar deur die Johannesburgse Sakevroueklub.

In 1991 was sy President van die Nasionale Raad vir Sakevroue en tans Trustee van die NRS.

Sy was in 1991 die wenner in die Ou Mutual en die Afrikaanse Handelsinstituut se wedstryd vir die Handelaar van die Jaar.

Sy is ‘n hoogs gerespekteerde lid van die Pretoriase Sake- en Professionele Vroueklub.

Wanneer sy nie besig is om haar onderneming te bestuur nie, deureis Mev. Theron die land en buiteland om vroue in saketrant te motiveer en aktiveer.